2 Maar Farao het gesê: “Wie is Jehovah,+ dat ek sy stem moet gehoorsaam om Israel weg te stuur?+ Ek ken Jehovah glad nie,+ en wat meer is, ek sal Israel nie wegstuur nie.”+
3 Daarop het Moses en Aäron na Farao toe gegaan en vir hom gesê: “Só het Jehovah, die God van die Hebreërs, gesê: ‘Hoe lank gaan jy weier om jou aan my te onderwerp?+ Stuur my volk weg sodat hulle my kan dien.