Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Dinsdag 27 Januarie

Mag Jehovah, my Rots, geloof word, wat my hande leer om te veg.– Ps. 144:1.

Ons kan ’n goeie invloed op ander wees as ons ferm is wanneer dit kom by wat reg is en as ons besluite maak wat op Bybelbeginsels gebaseer is. Terwyl ons in geloof en akkurate kennis groei, word ons standvastiger in die waarheid. Ons is nie besluiteloos of onstabiel nie of word nie maklik beïnvloed deur valse leringe en wêreldse denke nie (Ef. 4:14; Jak. 1:​6-8). Ons kan ook dié help wat dalk deur moeilike tye gaan (1 Tess. 3:​2, 3). Ouermanne moet matig in gewoontes, verstandig, ordelik en redelik wees. Hierdie mans is ’n stabiliserende invloed op ander deur “stewig aan die betroubare woord [vas te hou]” (Tit. 1:9; 1 Tim. 3:​1-3). Deur hulle voorbeeld en hulle herderswerk help ouermanne verkondigers om vergaderinge gereeld by te woon, gereeld velddiens te doen en gereeld persoonlike studie te doen. Wanneer broers en susters probleme het wat hulle angstig maak, kan ouermanne baie doen om hulle te help om gefokus te bly op Jehovah en sy doel vir die mens. w24.06 31 ¶16-18

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Woensdag 28 Januarie

Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom.– Matt. 4:17.

Toe Jesus op die aarde was, het hy mense geleer dat sy Vader gretig is om ons te vergewe wanneer ons sondig. Dink aan die illustrasie oor die verlore seun. Daardie jong man het gekies om ’n tyd lank ’n sondige lewe te lei. Maar hy het “tot sy sinne [gekom]” en teruggekeer huis toe. Hoe het sy pa gereageer? Jesus het gesê dat terwyl die seun “nog ’n hele ent weg was, het sy pa hom gesien . . . , en hy het gehardloop en hom omhels en hom gesoen”. Die seun was van plan om te vra of hy een van sy pa se gehuurde werkers kon word, maar sy pa het hom “my seun” genoem en hom teruggeneem. Die pa het gesê: “Hy was verlore en is gevind” (Luk. 15:​11-32). Toe Jesus in die hemel gelewe het voordat hy aarde toe gekom het, het hy sekerlik gesien hoe sy Vader sulke meegevoel aan tallose berouvolle sondaars getoon het. Hierdie illustrasie wat Jesus gebruik het, is regtig vertroostend en wys ons hoe genadig ons Vader, Jehovah, is! w24.08 11 ¶11-12

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Donderdag 29 Januarie

Wees . . . gesond van verstand. – 1 Pet. 4:​7, vtn.

’n Christen wat gesond van verstand is, doen sy bes om goeie besluite te maak wat Jehovah se denke weerspieël. So ’n Christen weet dat niks in die lewe belangriker is as sy verhouding met Jehovah nie. Hy het ’n gebalanseerde beskouing van homself, en hy weet dat hy nie al die antwoorde het nie. En hy wys dat hy op God vertrou deur dikwels nederig tot Jehovah te bid. Ons besef dat ons moet aanhou om tot Jehovah te bid, maak nie saak watter natuurlike vermoëns ons dalk het nie. Daarom, veral wanneer ons belangrike besluite moet maak, bid ons vir Jehovah se leiding, met die vertroue dat hy weet wat die beste vir ons is. Ons is so dankbaar dat Jehovah ons op so ’n manier gemaak het dat ons sy eienskappe kan weerspieël (Gen. 1:26). Ons kan Jehovah natuurlik nie volmaak navolg nie. – Jes. 55:9. w25.03 11 ¶13; 13 ¶17-18

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel