20-26 JANUARIE
PSALM 138-139
Lied 93 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Moenie dat vrees jou keer nie
(10 min.)
Ons wil Jehovah met ons hele hart loof (Ps 138:1)
Vertrou op Jehovah om jou te help wanneer jy senuweeagtig voel om by die vergadering te antwoord (Ps 138:3)
Dit kan ’n goeie teken wees om senuweeagtig te wees (Ps 138:6; w19.01 10 ¶10)
WENK: As ons ons kommentare kort hou, kan dit ons help om nie so angstig te wees nie. – w23.04 21 ¶7.
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Ps 139:21, 22 – Word daar van Christene verwag om almal te vergewe? (w97 12/1 19 ¶15)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 139:1-18 (th studie 2)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. (lmd les 2: Punt 3)
5. Maak dissipels
(4 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan en demonstreer dit (lmd les 10: Punt 3).
6. Toespraak
(5 min.) ijwyp artikel 105 – Tema: Wat kan ek doen as ek skaam is? (th studie 16)
Lied 59
7. Jy kan jou bediening geniet al is jy skaam
(15 min.) Bespreking.
Sal jy jouself beskryf as iemand wat skaam is? Verkies jy gewoonlik om nie raakgesien te word nie? Gee die gedagte om met ander te praat jou ’n knop op jou maag? Wanneer ons skaam is, kan dit soms keer dat ons dinge doen wat ons graag wil doen. Maar baie wat skaam is, het dit reggekry om ander van die Bybel te vertel en om dit selfs te geniet. Wat kan ons uit hulle voorbeeld leer?
Speel die VIDEO Skaam, maar heelhartig.Vra dan vir die gehoor:
Hoe het dit suster Lee gehelp om haar ouma se raad toe te pas?
Die Bybel wys dat Moses, Jeremia en Timoteus dalk skaam was (Eks 3:11; 4:10; Jer 1:6-8; 1Ti 4:12). Maar hulle kon nog steeds wonderlike dinge in Jehovah se diens doen omdat hy met hulle was (Eks 4:12; Jer 20:11; 2Ti 1:6-8).
Lees Jesaja 43:1, 2. Vra dan vir die gehoor:
Watter belofte maak Jehovah aan sy aanbidders?
Hoe kan Jehovah dié help wat skaam is om goed te doen in hulle bediening?
Speel die VIDEO Hoe jou doop jou gelukkiger maak – Uittreksel. Vra dan vir die gehoor:
Hoe het suster Jackson Jehovah se krag en ondersteuning in haar bediening gevoel?
Hoe kan die bediening iemand help wat skaam is?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 21 ¶8-13, venster op bl. 169