18 En gees+ het Amaʹsai, die hoof van die dertig, omhul:
“Aan u behoort ons, o Dawid, en met u is ons,+ o seun van Isai.
Vrede, vrede vir u, en vrede vir die een wat u help,
Want u God het u gehelp.”+
Toe het Dawid hulle aanvaar en hulle onder die hoofde van die troepe opgeneem.+