30 En u moet luister na die versoek om guns+ van u kneg en van u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid; en mag u hoor in u woonplek, in die hemel,+ en u moet hoor en vergewe.+
20 sodat u oë dag en nag oop mag wees+ oor hierdie huis, oor die plek waar u gesê het dat u u naam sou vestig,+ deur te luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe bid.+
9 ‘As daar rampspoed+ oor ons kom, swaard, strafgerig of pes+ of hongersnood,+ laat ons dan voor hierdie huis+ en voor u gaan staan (want u naam+ is in hierdie huis), sodat ons uit ons benoudheid tot u om hulp kan roep, en mag u hoor en red.’+