19 En ek sal Israel na sy weiveld terugbring,+ en hy sal beslis op die Karmel+ en in Basan+ wei; en in die bergstreek van Eʹfraim+ en van Gilead+ sal sy siel versadig word.’”
7 En dit sal ’n streek vir die oorblywendes van die huis van Juda word.+ Hulle sal daarop wei. In die huise van Asʹkelon sal hulle saans uitgestrek lê. Want Jehovah hulle God sal sy aandag op hulle rig+ en beslis hulle gevangenes laat terugkeer.”+
20 In dié tyd sal ek julle inbring, ja, in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak. Want ek sal julle tot ’n naam en ’n lof onder al die volke van die aarde maak, wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer”, het Jehovah gesê.+