18 In die laaste oomblikke van haar lewe* (want sy was besig om te sterf), het sy hom Ben-Oni* genoem, maar sy pa het hom Benjamin*+ genoem. 19 So het Ragel gesterf, en sy is begrawe op pad na Efrat, dit wil sê Betlehem.+
38 Maar hy het gesê: “My seun sal nie saam met julle gaan nie, want sy broer is dood en hy alleen het oorgebly.+ As hy iets oorkom op die pad, dan sal julle beslis my grys hare met droefheid na die Graf*+ laat afgaan.”+
20 En ons het vir my meester gesê: ‘Ons het ’n bejaarde pa, en hy het ’n kind op sy oudag gehad, die jongste.+ Maar sy broer is dood,+ en daarom is hy die enigste oorblywende seun van sy ma,+ en sy pa is lief vir hom.’