-
Genesis 38:2-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Daar het Juda die dogter van ’n sekere Kanaäniet+ met die naam Sua gesien. Toe het hy haar as vrou geneem en seksuele omgang met haar gehad, 3 en sy het swanger geword. Later het sy aan ’n seun geboorte gegee, en Juda het hom Er+ genoem. 4 Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun en hom Onan genoem. 5 Sy het weer aan ’n seun geboorte gegee en hom Sela genoem. Juda was in Agsib+ toe sy geboorte gegee het.
-