-
Genesis 30:35, 36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Toe het hy op daardie dag die gestreepte en bont bokramme en al die gespikkelde en bont bokooie afgesonder, almal wat wit aan hulle gehad het en al die donkerbruin jong skaapramme, en hy het hulle aan sy seuns gegee om op te pas. 36 Daarna het hy seker gemaak dat daar ’n afstand van drie dagreise tussen hom en Jakob is, en Jakob het Laban se oorblywende kleinvee opgepas.
-