18 Toe Absalom nog gelewe het, het hy ’n pilaar vir homself in die Vallei van die Koning+ opgerig, want hy het gesê: “Ek het nie ’n seun om my naam te laat voortleef nie.”+ Daarom het hy die pilaar na homself vernoem, en dit word tot vandag toe Absalom se Monument genoem.