-
Eksodus 4:14-16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Toe het Jehovah kwaad geword vir Moses, en hy het gesê: “Wat van jou broer Aäron,+ die Leviet? Ek weet dat hy ’n goeie spreker is. Hy is nou op pad hierheen om jou te ontmoet, en hy sal bly wees om jou te sien.+ 15 Praat met hom en sê vir hom wat hy moet sê,+ en ek sal met jou en met hom wees terwyl julle praat,+ en ek sal julle vertel wat julle moet doen. 16 Hy sal namens jou met die volk praat. Hy sal jou woordvoerder wees, en jy sal vir hom as God dien.*+
-