-
Eksodus 3:18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 “Hulle sal beslis na jou stem luister,+ en jy en die ouermanne van Israel moet na die koning van Egipte toe gaan en vir hom sê: ‘Jehovah, die God van die Hebreërs,+ het met ons gekommunikeer. Laat ons dus asseblief toe om drie dagreise ver in die wildernis in te gaan, sodat ons offerandes aan Jehovah ons God kan bring.’+
-
-
Eksodus 5:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Daarna het Moses en Aäron na Farao gegaan en vir hom gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Stuur my volk weg sodat hulle in die wildernis vir my ’n fees kan vier.’”
-