-
Handelinge 7:30-34Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 “Ná 40 jaar het ’n engel in die wildernis van die berg Siʹnai in die vlam van ’n brandende doringbos aan hom verskyn.+ 31 Toe Moses dit sien, was hy verbaas. Maar toe hy nader gaan om ondersoek in te stel, het hy Jehovah* se stem gehoor wat sê: 32 ‘Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob.’+ Moses het begin bewe en het dit nie gewaag om nader te gaan nie. 33 Jehovah* het vir hom gesê: ‘Trek jou sandale uit, want jy staan op heilige grond. 34 Ek het gesien hoe my volk in Egipte onderdruk word, en ek het gehoor hoe hulle sug en steun,+ en ek het neergedaal om hulle te red. Daarom sal ek jou na Egipte toe stuur.’
-