-
Numeri 4:14, 15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Hulle moet al die voorwerpe daarop sit wat gebruik word wanneer hulle by die altaar dien: die vuurbakke, die vurke, die grawe en die bakke, al die voorwerpe van die altaar;+ en hulle moet ’n bedekking van robbevelle daaroor sit en die pale waarmee dit gedra word,+ in posisie plaas.
15 “Wanneer die kamp opbreek, moet Aäron en sy seuns die heiligdom en al die toerusting van die heiligdom bedek.+ Wanneer hulle klaar is, moet die seuns van Kehat inkom om dit te dra,+ maar hulle mag nie aan die heiligdom raak nie, anders sal hulle sterf.+ Hierdie dinge is die verantwoordelikheid* van die seuns van Kehat in verband met die tent van samekoms.
-