-
Levitikus 1:4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Hy moet sy hand op die kop van die brandoffer sit, en dit sal aanvaar word om vir hom versoening te doen.
-
-
Levitikus 8:18-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Hy het toe die skaapram vir die brandoffer nader gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gesit.+ 19 Daarna het Moses dit geslag en al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 20 Hy het die ram in stukke opgesny, en Moses het die kop en die stukke en die niervet laat rook. 21 Hy het die ingewande en die pote met water gewas, en Moses het die hele skaapram op die altaar laat rook. Dit was ’n brandoffer met ’n aangename* geur. Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
-