-
Eksodus 29:16-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Slag die ram en neem die bloed en besprinkel al die kante van die altaar daarmee.+ 17 Sny die ram in stukke op en was sy ingewande+ en sy pote, en jy moet die stukke sowel as die kop regsit. 18 Jy moet die hele ram verbrand en dit op die altaar laat rook. Dit is ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+ Dit is ’n vuuroffer aan Jehovah.
-
-
Levitikus 8:18-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Hy het toe die skaapram vir die brandoffer nader gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gesit.+ 19 Daarna het Moses dit geslag en al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 20 Hy het die ram in stukke opgesny, en Moses het die kop en die stukke en die niervet laat rook. 21 Hy het die ingewande en die pote met water gewas, en Moses het die hele skaapram op die altaar laat rook. Dit was ’n brandoffer met ’n aangename* geur. Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
-
-
Levitikus 9:12-14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Toe het hy die brandoffer geslag, en Aäron se seuns het vir hom die bloed aangegee, en hy het al die kante van die altaar daarmee besprinkel.+ 13 Hulle het vir hom die stukke van die brandoffer saam met die kop aangegee, en hy het dit op die altaar laat rook. 14 Verder het hy die ingewande en die pote gewas en dit bo-op die brandoffer op die altaar laat rook.
-