-
Numeri 4:31-33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 Hulle het die verantwoordelikheid om die volgende dinge in verband met hulle diens by die tent van samekoms te dra:+ die paneelrame+ van die tabernakel, sy stawe,+ sy pilare,+ sy voetstukke;+ 32 die pilare+ van die voorhof wat rondom die tabernakel is, hulle voetstukke,+ hulle tentpenne+ en hulle tenttoue met al die toerusting en alles wat gebruik word in die diens wat daarmee verband hou. Julle moet vir elkeen sê watter toerusting hy moet dra. 33 Dit is hoe die families van die seuns van Meraʹri+ by die tent van samekoms moet dien onder die toesig van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.”+
-