-
Numeri 4:15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “Wanneer die kamp opbreek, moet Aäron en sy seuns die heiligdom en al die toerusting van die heiligdom bedek.+ Wanneer hulle klaar is, moet die seuns van Kehat inkom om dit te dra,+ maar hulle mag nie aan die heiligdom raak nie, anders sal hulle sterf.+ Hierdie dinge is die verantwoordelikheid* van die seuns van Kehat in verband met die tent van samekoms.
-
-
Numeri 4:24-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Die families van die Gersoniete is verantwoordelik vir die vervoer van die volgende dinge:+ 25 Hulle moet die tentdoeke van die tabernakel+ dra, sowel as die tent van samekoms, sy bedekking en die bedekking van robbevelle wat bo-oor kom,+ die skerm* vir die ingang van die tent van samekoms,+ 26 die hangende gordyne van die voorhof,+ die skerm* vir die ingang van die voorhof+ wat rondom die tabernakel en die altaar is, hulle tenttoue en al hulle voorwerpe en alles wat in die diens daar gebruik word. Dit is hulle toewysing.
-
-
Numeri 4:31-33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 Hulle het die verantwoordelikheid om die volgende dinge in verband met hulle diens by die tent van samekoms te dra:+ die paneelrame+ van die tabernakel, sy stawe,+ sy pilare,+ sy voetstukke;+ 32 die pilare+ van die voorhof wat rondom die tabernakel is, hulle voetstukke,+ hulle tentpenne+ en hulle tenttoue met al die toerusting en alles wat gebruik word in die diens wat daarmee verband hou. Julle moet vir elkeen sê watter toerusting hy moet dra. 33 Dit is hoe die families van die seuns van Meraʹri+ by die tent van samekoms moet dien onder die toesig van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.”+
-