-
Rigters 15:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Simson het toe 300 jakkalse gaan vang. Toe het hy fakkels geneem, die jakkalse se sterte twee-twee aan mekaar vasgebind en ’n fakkel tussen elke paar sterte gesit. 5 Toe het hy die fakkels aangesteek en die jakkalse in die Filistyne se graanlande ingestuur. Hy het alles aan die brand gesteek, van die graanbondels tot die ongesnyde graan, sowel as die wingerde en die olyfboorde.
-