-
1 Samuel 25:14-16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Intussen het een van die knegte vir Abiʹgail, Nabal se vrou, gesê: “Dawid het boodskappers uit die wildernis gestuur om ons meester die beste toe te wens, maar hy het hulle uitgeskel.+ 15 Daardie manne was baie goed vir ons. Hulle het niks slegs aan ons gedoen nie, en toe ons saam met hulle in die veld was, was niks gesteel nie.+ 16 Die hele tyd dat ons by hulle was en die kleinvee opgepas het, was hulle dag en nag soos ’n beskermende muur om ons.
-