45 Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my toe met ’n swaard, ’n spies en ’n werpspies,+ maar ek kom na jou toe in die naam van Jehovah van die leërmagte,+ die God van die leërmag van Israel, wat jy uitgedaag* het.+
17 Saul het later vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter, Merab.+ Ek sal haar vir jou as vrou gee.+ Maar hou aan om my moedig te dien en om die oorloë van Jehovah te voer.”+ Want Saul het vir homself gesê: ‘Dit is beter dat die Filistyne hom doodmaak as dat ek hom doodmaak.’+