-
2 Kronieke 1:3-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe het Salomo en die hele gemeente na die offerhoogte in Giʹbeon+ gegaan, want dit is waar die tent van samekoms van die ware God was, die tent wat Moses, die kneg van Jehovah, in die wildernis gemaak het. 4 Maar Dawid het die Ark van die ware God in Kirʹjat-Jeaʹrim gaan haal+ en dit na die plek gebring wat hy daarvoor gereedgemaak het. Hy het ’n tent daarvoor in Jerusalem opgeslaan.+ 5 En die koperaltaar+ wat Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, is voor die tabernakel van Jehovah gesit. En Salomo en die gemeente het gereeld voor die altaar gebid.* 6 Salomo het toe offerandes voor Jehovah geoffer. Hy het 1 000 brandoffers op die koperaltaar+ van die tent van samekoms geoffer.
-