-
2 Konings 23:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Toe Josiʹa omdraai en die grafte op die berg sien, het hy die beendere uit die grafte laat haal en dit op die altaar verbrand. So het hy die altaar ongeskik vir aanbidding gemaak, net soos Jehovah gesê het deur middel van die man van die ware God, wat voorspel het dat hierdie dinge sou gebeur.+ 17 Toe het hy gevra: “Wie se grafsteen is dit wat ek daar sien?” Die manne van die stad het vir hom gesê: “Dit is die graf van die man van die ware God wat uit Juda gekom het+ en wat die dinge voorspel het wat u met die altaar van Bet-El gedoen het.”
-