Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 16:1-6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 In die 36ste jaar nadat Asa koning geword het, het koning Baäsa+ van Israel teen Juda opgetrek. Hy het Rama+ begin opbou* om te verhoed dat enigiemand uit die gebied van koning Asa van Juda uitgaan of daar ingaan.+ 2 Toe het Asa silwer en goud uit die skatkamers van Jehovah se huis+ en die koning se paleis geneem en dit na koning Ben-Hadad van Sirië,+ wat in Damaskus gewoon het, gestuur en gesê: 3 “Daar is ’n ooreenkoms* tussen my en u en tussen my pa en u pa. Ek stuur vir u silwer en goud. Breek u ooreenkoms* met koning Baäsa van Israel, sodat hy van my af sal wegtrek.”

      4 Ben-Hadad het na koning Asa geluister en het die hoofde van sy leërmag gestuur om teen die stede van Israel te veg, en hulle het Ijon,+ Dan,+ Aʹbel-Maʹim en al die stoorplekke van die stede van Nafʹtali verower.+ 5 Toe Baäsa daarvan hoor, het hy onmiddellik opgehou om Rama op te bou* en alles net so gelos. 6 Koning Asa het toe die hele Juda bymekaargeroep, en hulle het die klippe en balke weggedra wat Baäsa gebruik het om Rama+ op te bou,+ en hy het dit gebruik om Geba+ en Mispa+ op te bou.*

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel