-
1 Konings 16:15-19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 In die 27ste jaar van koning Asa van Juda het Simri in Tirsa koning geword, en hy het sewe dae lank regeer, terwyl die soldate kamp opgeslaan het om teen Gibʹbeton+ te veg, wat aan die Filistyne behoort het. 16 Later het die soldate in die kamp gehoor dat Simri teen die koning saamgesweer het en hom doodgemaak het. Die hele Israel het Omri,+ die hoof van die leërmag, op daardie dag in die kamp koning oor Israel gemaak. 17 Omri en die hele Israel het van Gibʹbeton af gegaan en Tirsa beleër. 18 Toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die versterkte toring van die koning se paleis ingegaan en dit afgebrand, en hy het in die vlamme gesterf.+ 19 Dit was die gevolg van die sondes wat hy gepleeg het deur te doen wat sleg is in die oë van Jehovah. Hy het dieselfde weg gevolg as Jeroʹbeam, en hy het Israel laat sondig.+
-