-
Jeremia 41:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
41 In die sewende maand het Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, die seun van Elisaʹma, wat van die koninklike geslagslyn* was en een van die belangrikste manne van die koning was, saam met tien manne na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa gegaan.+ Terwyl hulle in Mispa saam geëet het, 2 het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, met die swaard doodgemaak. Hy het dus die een doodgemaak wat die koning van Babilon oor die land aangestel het.
-