45 Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my toe met ’n swaard, ’n spies en ’n werpspies,+ maar ek kom na jou toe in die naam van Jehovah van die leërmagte,+ die God van die leërmag van Israel, wat jy uitgedaag* het.+
47 En almal wat hier is,* sal weet dat Jehovah nie ’n swaard of ’n spies nodig het om te red nie,+ want die geveg behoort aan Jehovah,+ en hy sal julle almal in ons hand gee.”+
15 Hy het gesê: “Luister, koning Joʹsafat en inwoners van Juda en Jerusalem! Dít is wat Jehovah vir julle sê: ‘Moenie vrees nie en moenie bang wees vir hierdie groot leërmag nie, want die geveg is nie julle s’n nie, maar God s’n.+