-
2 Samuel 5:19-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Dawid het Jehovah geraadpleeg+ en gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg? Sal u hulle in my hand gee?” Jehovah het vir Dawid gesê: “Gaan, want ek sal die Filistyne beslis in jou hand gee.”+ 20 En Dawid het by Baäl-Peʹrasim gekom, en hy het hulle daar verslaan. Hy het toe gesê: “Jehovah het voor my uit gegaan en deur my vyande se leërmag gebreek,+ net soos waters deur ’n muur breek.” Daarom het hy daardie plek Baäl-Peʹrasim*+ genoem. 21 Die Filistyne het hulle afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit weggeneem.
-