-
2 Samuel 8:5-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Die Siriërs van Damaskus+ het koning Hadadeʹser van Soba kom help, en Dawid het 22 000 van die Siriërs doodgemaak.+ 6 Dawid het toe groepe soldate in Sirië van Damaskus gestasioneer, en die Siriërs het Dawid se knegte geword en het skatting* betaal. Waar Dawid ook al gegaan het, het Jehovah hom die oorwinning* gegee.+ 7 Dawid het ook die ronde skilde van goud van die knegte van Hadadeʹser na Jerusalem gebring.+ 8 Koning Dawid het baie koper geneem uit Betag en Berotaiʹ, stede van Hadadeʹser.
-