-
2 Konings 22:14-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 Toe het die priester Hilkiʹa, Ahiʹkam, Agbor, Safan en Asaʹja na die profetes Hulda+ toe gegaan. Sy was die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder. Sy het in die nuwe deel* van Jerusalem gewoon, en hulle het daar met haar gaan praat.+ 15 Sy het vir hulle gesê: “Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Sê vir die man wat julle na my toe gestuur het: 16 “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek gaan rampspoed bring oor hierdie plek en sy inwoners – alles wat geskryf is in die boek wat die koning van Juda gelees het.+ 17 Hulle het my verlaat, hulle laat offerrook vir ander gode opgaan+ en hulle het my aanstoot gegee deur alles wat hulle gedoen het.+ Daarom sal ek met groot woede teen hierdie plek optree, en my woede sal nie geblus word nie.’”+ 18 Maar gaan na die koning van Juda wat julle gestuur het om Jehovah te raadpleeg, en sê vir hom: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Jy het die woorde van die Wet gehoor, 19 en jy het goed gereageer* en jy het nederig berou getoon+ voor Jehovah toe jy gehoor het wat ek teen hierdie plek en sy inwoners gesê het – dat dit iets skokkends en ’n vloek sal word. Jy het jou klere geskeur+ en voor my gehuil, en daarom het ek jou gehoor, sê Jehovah. 20 Daarom sal ek jou in vrede laat sterf,* en jy sal in vrede begrawe word, en jy sal nie al die rampspoed sien wat ek oor hierdie plek sal bring nie.’”’” Toe het hulle die antwoord aan die koning oorgedra.
-