-
1 Konings 12:22-24Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Toe het die ware God vir Semaʹja,+ die man van die ware God, gesê: 23 “Sê vir Rehaʹbeam, die seun van Salomo, die koning van Juda, en vir die hele huis van Juda en Benjamin en die res van die volk: 24 ‘Dít is wat Jehovah sê: “Julle moenie teen julle Israelitiese broers gaan veg nie. Julle moet almal teruggaan huis toe, want ek het dit laat gebeur.”’”+ Toe het hulle die woord van Jehovah gehoorsaam en huis toe gegaan, soos Jehovah vir hulle gesê het.
-