Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 11:9-12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Die hoofde oor 100+ het presies gedoen wat die priester Jojaʹda beveel het. Elkeen het sy manne bymekaargeroep – dié wat op die Sabbat aan diens was, sowel as dié wat nie op die Sabbat aan diens was nie – en hulle het na die priester Jojaʹda+ gegaan. 10 Die priester het toe vir die hoofde oor 100 die spiese en die ronde skilde gegee wat aan koning Dawid behoort het en wat in die huis van Jehovah was. 11 En die paleiswagte+ het hulle plekke reg rondom die koning, naby die altaar+ en die huis, ingeneem. Hulle het met hulle wapens in hulle hande gestaan, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis. 12 Toe het Jojaʹda die koning se seun+ uitgebring en die kroon en die Getuienis*+ op hom gesit, en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf. Hulle het begin hande klap en gesê: “Lank lewe die koning!”+

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel