-
2 Konings 11:13-16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Toe Ataʹlia die mense hoor hardloop, het sy dadelik na die mense toe gegaan by die huis van Jehovah.+ 14 Sy het die koning by die pilaar sien staan, soos dit die gebruik was.+ En die hoofde en die trompetblasers+ was by die koning, en al die mense van die land was vreugdevol en het op die trompette geblaas. Ataʹlia het toe haar klere geskeur en uitgeroep: “’n Sameswering! ’n Sameswering!” 15 Maar die priester Jojaʹda het vir die hoofde oor 100,+ dié wat oor die leërmag aangestel was, gesê: “Neem haar tussen die rye soldate uit, en maak enigeen wat haar volg, met die swaard dood! Moet haar nie in die huis van Jehovah doodmaak nie.” 16 Hulle het haar gegryp, en toe hulle by die plek kom waar die perde by die koning se paleis+ ingaan, het hulle haar daar doodgemaak.
-