4 Toe het ’n kampioenvegter uit die kampe van die Filistyne gekom. Sy naam was Goʹliat,+ van die stad Gat,+ en hy was ses el en ’n span lank. 5 Hy het ’n helm van koper op sy kop gedra, asook ’n pantser met oorvleuelende skubbe. Die pantser+ van koper het 5 000 sikkels geweeg.