-
2 Konings 16:10-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Daarna het koning Agas na koning Tigʹlat-Pileʹser van Assiʹrië in Damaskus gegaan. Nadat koning Agas die altaar in Damaskus gesien het, het hy ’n bouplan van die altaar aan die priester Uriʹa gestuur.+ 11 Die priester Uriʹa+ het ’n altaar+ gebou volgens al die instruksies wat koning Agas van Damaskus af gestuur het. Die priester Uriʹa het dit voltooi voordat koning Agas van Damaskus af teruggekom het. 12 Toe die koning van Damaskus af kom en die altaar sien, het hy offerandes op die altaar gaan offer.+ 13 En hy het aangehou om sy brandoffers en sy graanoffers op daardie altaar te laat rook. Hy het ook sy drankoffers daarop uitgegooi en die bloed van sy vrede-offers* daarop gesprinkel.
-