-
Esra 8:24, 25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Toe het ek 12 van die hoofde van die priesters gekies, naamlik Serebʹja en Hasabʹja,+ sowel as tien van hulle broers. 25 Ek het toe vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg. Dit was die bydrae wat die koning en sy raadgewers en sy hoë amptenare en al die Israeliete wat daar teenwoordig was, vir die huis van ons God gegee het.+
-