-
Deuteronomium 31:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Moses het hulle die volgende bevele gegee en gesê: “Aan die einde van elke sewe jaar, op die vasgestelde tyd van die jaar wanneer skuld afgeskryf word,+ gedurende die Huttefees,*+ 11 wanneer die hele Israel voor Jehovah julle God verskyn+ op die plek wat hy uitkies, moet julle hierdie Wet lees sodat die hele Israel dit kan hoor.+ 12 Laat die volk bymekaarkom,+ die mans, die vrouens, die kinders en die uitlanders wat in julle stede* woon sodat hulle na Jehovah julle God kan luister, van hom kan leer, hom kan vrees en kan seker maak dat hulle al die woorde van hierdie Wet gehoorsaam.
-