8 En hier volg ’n lys van die hoofde van hulle vaderhuise en die geslagsregister van die mense wat gedurende die regering van koning Artasasʹta saam met my uit Babilon gekom het:+ 2 van die kinders van Piʹnehas:+ Gersom. Van die kinders van Iʹtamar:+ Daniël. Van die kinders van Dawid: Hattus.