-
Ester 2:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 En laat die koning mense in al die provinsies* van sy koninkryk+ aanstel om al die pragtige, jong maagde na die paleis* Susan,* na die huis van die vrouens,* te bring. Laat hulle in die sorg van Hegai,+ die eunug van die koning en die oppasser van die vrouens, geplaas word, en laat hulle skoonheidsbehandelings* ontvang. 4 En die jong vrou vir wie die koning die liefste word, sal in die plek van Vasti koningin wees.”+ Die koning het gedink dat dit ’n goeie voorstel is, en hy het dit toe gedoen.
-