-
Ester 3:2-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 En al die koning se knegte wat in die koning se poort was, het gekniel en voor Haman neergebuig, want dit is wat die koning beveel het. Maar Morʹdegai het geweier om te kniel en om voor hom neer te buig. 3 Die koning se knegte wat in die koning se poort was, het dus vir Morʹdegai gevra: “Hoekom ignoreer jy die koning se bevel?” 4 Hulle het hom dag ná dag gevra, maar hy het nie na hulle geluister nie. Toe het hulle vir Haman daarvan vertel om te sien of Morʹdegai se gedrag toegelaat sou word,+ want hy het vir hulle gesê dat hy ’n Jood is.+
5 Toe Haman sien dat Morʹdegai weier om te kniel en voor hom neer te buig, het Haman woedend geword.+
-