2 Daarom het Jehovah hulle oorgelewer* in die hand van Jabin, die koning van Kanaän,+ wat in Hasor regeer het. Die hoof van sy leërmag was Siʹsera, wat in Haroʹset+ van die nasies* gewoon het.
7 Ek sal Siʹsera, die hoof van Jabin se leërmag, en sy strydwaens en sy soldate na jou toe bring by die Kison-stroom,*+ en ek sal hom in jou hand gee.’”+
15 Toe het Jehovah Siʹsera en al sy strydwaens en die hele leërmag verwar+ sodat Barak hulle met die swaard kon verslaan. Uiteindelik het Siʹsera van sy strydwa afgespring en te voet gevlug.