Psalm 136:25 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 25 Hy gee voedsel aan alles wat lewe,+want sy lojale liefde duur vir ewig. Psalm 145:15 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 15 Alle oë kyk hoopvol na u. U gee hulle hulle voedsel op die regte tyd.+ Psalm 147:9 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 9 Aan die diere gee hy voedsel,+aan die jong kraaie wat daarvoor bly roep.+ Matteus 6:26 Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling 26 Hou die voëls van die hemel goed dop.+ Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie?
26 Hou die voëls van die hemel goed dop.+ Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie?