-
Genesis 45:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Toe het Josef vir sy broers gesê: “Kom asseblief nader.” Hulle het toe nader gekom.
Daarna het hy gesê: “Ek is Josef, julle broer, wat julle verkoop het en wat na Egipte gebring is.+ 5 Maar moenie ontsteld wees en moenie vir mekaar kwaad wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om ons aan die lewe te hou.+
-