-
Genesis 41:39-41Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
39 Farao het toe vir Josef gesê: “Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand so verstandig en wys soos jy nie. 40 Jy sal persoonlik oor my huis wees, en my hele volk sal jou in alles gehoorsaam.+ Net ek, as die koning, sal groter wees as jy.” 41 En Farao het verder vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou oor die hele Egipte aan.”+
-
-
Genesis 41:48Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
48 En hy het aangehou om al die kos bymekaar te maak wat Egipte in daardie sewe jaar opgelewer het, en hy het dit in die stede gestoor. Hy het in elke stad die graan van die omliggende landerye gestoor.
-