33 Julle moet in alles die weg volg wat Jehovah julle God julle beveel het om te volg,+ sodat julle kan lewe en sodat dit met julle goed kan gaan en julle lank sal woon in die land wat julle in besit gaan neem.+
23 Maar ek het hulle wel hierdie bevel gegee: “Gehoorsaam my stem, en ek sal julle God word, en julle sal my volk word.+ Julle moet die hele weg volg wat ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.”’+