-
1 Samuel 23:26-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 Terwyl Saul aan die een kant van die berg was, was Dawid en sy manne aan die ander kant van die berg. Dawid het probeer om so gou as moontlik van Saul af weg te kom,+ maar Saul en sy manne het al hoe nader gekom en was op die punt om Dawid en sy manne te vang.+ 27 Maar ’n boodskapper het na Saul toe gekom en gesê: “Maak gou, want die Filistyne het die land binnegeval!” 28 Saul het toe opgehou om Dawid agterna te sit+ en het teen die Filistyne opgetrek. Daarom is daardie plek die Groot Rots van die Skeidings genoem.
-
-
2 Samuel 17:21, 22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Nadat die manne weggegaan het, het hulle uit die put geklim en vir koning Dawid gaan sê: “Staan op en trek dadelik deur die rivier,” en hulle het hom vertel watter raad Agitoʹfel gegee het.+ 22 Dawid en al die mense by hom het onmiddellik opgestaan en deur die Jordaanrivier getrek. Teen dagbreek het almal reeds deur die Jordaanrivier getrek.
-