Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Job 38:8-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  8 En wie het die see agter deure geplaas+

      toe dit gebore is,

       9 toe ek dit met wolke geklee

      en in digte donkerte toegedraai het,

      10 toe ek met deure en grendels

      perke daarvoor gestel het?+

      11 Ek het toe gesê: ‘Tot hier mag jy kom, en nie verder nie.

      Hier sal jou trotse golwe stop.’+

  • Psalm 33:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  7 Hy maak die seewaters soos ’n dam bymekaar.+

      Hy sit die onstuimige waters in stoorkamers.

  • Psalm 104:6-9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 U het dit met diep water bedek soos met ’n kleed.+

      Die water het bo die berge gestaan.

       7 U het hulle bestraf, en hulle het gevlug.+

      Toe hulle die geluid van u donderslae hoor, het hulle in paniek weggehardloop

       8 – berge het opgerys+ en valleie het weggesink –

      na die plek wat u vir hulle vasgestel het.

       9 U het ’n grens gestel wat hulle nie mag oorskry nie,+

      sodat hulle die aarde nooit weer sou bedek nie.

  • Jeremia 5:22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 ‘Vrees julle my nie?’ sê Jehovah.

      ‘Behoort julle nie voor my te bewe nie?

      Dit is ek wat die sand as die grens vir die see gestel het,

      ’n permanente wetsvoorskrif waar die see nie kan verbygaan nie.

      Al rol die golwe in, kan hulle nie die oorhand kry nie.

      Al word hulle onstuimig, kan hulle nog steeds nie daar verbygaan nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel