9 Want hulle is ’n opstandige volk,+ bedrieglike kinders,+
kinders wat nie die wet van Jehovah wil hoor nie.+
10 Hulle sê vir die sieners: ‘Moenie visioene sien nie,’
en vir die profete: ‘Moenie vir ons voorspel wat waar is nie.+
Vertel vir ons wat ons graag wil hoor. Voorspel misleidende dinge.+