-
2 Samuel 15:2-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Absalom het elke oggend vroeg opgestaan en langs die pad gaan staan wat na die stadspoort lei.+ Wanneer iemand ’n regsaak gehad het waaroor die koning moes oordeel,+ het Absalom hom geroep en gevra: “Van watter stad is jy?” en dan sou die man vir hom sê aan watter stam van Israel hy behoort. 3 Absalom sou dan vir hom sê: “Kyk, jy het ’n sterk en regverdige saak, maar daar is niemand by die koning om jou saak aan te hoor nie.” 4 Daarna sou Absalom sê: “As ek maar net as regter in die land aangestel was! Dan sou elkeen wat ’n regsaak of klagte het, na my toe kon kom, en ek sou seker maak dat hy geregtigheid kry.”
-