3 En hy sal vreugde daarin vind om Jehovah te vrees.+
Hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie,
en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie.+
4 Hy sal die armes met geregtigheid oordeel,
en met regverdigheid sal hy teregwysing gee ten gunste van die nederiges van die aarde.
Hy sal die aarde slaan met die oordeel van sy mond+
en die goddeloses doodmaak met die asem van sy lippe.+